Articles liés à Die Generaal

Die Generaal - Couverture souple

Hans Pienaar

 
9780624085812: Die Generaal

Synopsis

Daar is ’n klop aan die deur. My vinger huiwer op die sneller. My hart hamer die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as die skoot afgaan?

Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambezivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan pasnaweke sy ouer neef, Ben, in Pretoria. Ben, die rebelse seun van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg.

Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken.

Les informations fournies dans la section « Synopsis » peuvent faire référence à une autre édition de ce titre.