Uiteindelik! 'n Tuinboek met eietydse plante vir eietydse tuiniers - nog 'n treffer deur twee van Suid-Afrika se bekendse tuinkenners, Anna Celliers en Tanya Visser. Wat kan ek plant? is propvol ontspanne leesstof met eenvoudige plantbeskrywings, nuttige kweekgebooie, goeie wenke en die jongste tuinmaaktendense sodat entoesiastiese tuiniers die meeste plesier uit tuinmaak kan kry en hul tuine nuwe lewe kan gee. Die plante in die boek is sorgvuldig gekies om die topverkopers onder die moderne hibriede in te sluit, asook heelwat van die 'outydse' plante waaruit hulle geweek is - plante wat mense wereldwyd al jare lank inspireer en die harte van ervare en groentjietuiniers warm sal laat klop. Al die plante is vrylik beskikbaar en is juis gekies vanwee hulle veeldoeligheid en kweekgemak - dis plante waarop jy maar kan staatmaak. As jy met Wat kan ek plant? in die hand staan, het jy die kits-antwoord op hierdie eeue-oue vraag. In plaas van wroeg oor plantkeuses kan jy dit geniet om weer eens kennis te maak met ou plantvriende, maar ook om die jongste plantvrystellings in die tuinmaakwereld te ontmoet - daar's altyd iets nuuts om te plant! Wat kan ek plant? is Anna and Tanya se tweede boek.
Les informations fournies dans la section « Synopsis » peuvent faire référence à une autre édition de ce titre.
Vendeur : Chapter 1, Johannesburg, GAU, Afrique du sud
Soft cover. Etat : Fine. 1st Edition. The wraps are slightly shelf rubbed.Internally clean.Well bound.[R.K]. Our orders are shipped using tracked courier delivery services. N° de réf. du vendeur xf83
Quantité disponible : 1 disponible(s)